Een tot Een
Here, help my om die moeilike tye in my lewe te aanvaar en te hanteer. Stel my in staat om U in hierdie situasies raak te sien. Maak my altyddeur bewus van die oorvloedige seën wat ek van U ontvang. Ek bring die diepste worstelinge van my lewe na U toe, Heer. Ek vertrou op U om my oë oop te maak sodat ek kan sien wat u plan daarmee vir my is. Openbaar die volheid daarvan aan my. Dankie dat die vreugde van u teenwoordigheid my kan vul deur alles wat ek aanpak, omdat U my die nodige lig gee vir elke tree wat ek neem. “Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee.” [Psalm 138:3]
Benodig jy ondersteuning ten midde van ‘n krisis? Is daar iets waarvoor jy gebed nodig het? Verlang jy na ‘n geduldige en simpatieke oor?
By Een Tot Een staan ons deur met Sy deur sommer wawyd oop, vir jou. Kom klop by ons aan met jou vreugdes en ook jou pyn. Ons wil jou met Jesus se liefde toevou en koester.
Wees gerus in die wete dat jou gebedsversoek voor die Here gehou word – Hy verstaan, Hy gee om, Hy weet raad, Hy sal jou hierdeur dra. Saam met jou vertrou ons Hom om in Sy ewige raadsplan ook hierdie seer/krisis vir jou ten goede te laat meewerk.
Jy kan gerus die Een Tot Een span kontak by eentoteen@ekerk.co.za
Die Een Tot Een span:

Elmarie van der Westhuizen
Ansi dos Santos
Ingrid Bosch
Alet Gardner